Harrismith.co covers the joberg2c

 

 

 

 

-Joggie Prinsloo

Daar is 7 Harrismitters wat deelneem aan die Fedgroup Joberg2C bergfiets resies.

Op 29 April vertrek 500 fietsryers vanaf Karran Beaf naby Alberton om die 930km na Scottburgh oor nege dae te voltooi. Die roete behels meestal voetpaaie en tweespoor, voertuig paaie deur die veld. Die ruiters neem in spanne van twee deel, met die doel om mekaar te ondersteun en behulpsaam te wees. Die sewe Harrismithers wat gaan ry is Jaques van Niekerk en Athur Pearce, Deon en Hanlie Maree, Joggie en Sollie Prinsloo, James Leslie en ‘n maat Richard Quinn ‘n oud Harrismither.

Ons vertrou almal gaan gesond bly en besering-vry die Indiese oseean bereik. Sondag 1Mei bereik die ruiters Sterkfontein Dam waar hulle sal oornag. Die volgende oggend vertrek hulle na Winterton deur die skilderagtige Blydevooruitsich roete van Sollie Prinsloo, waar hul byKwaggashoek verbygaan om later die dag met groot moeite die piek van Spioenkop te bereik! Daardie aand wag hul tente (wat elke dag na die volgende punt geskuif word) vir hul in Winterton. Dit is ‘n groot uitdaging en ons glo hul sal! dit baie geniet!

Besoek joBerg2c se webtuiste vir daaglikse uitslae, foto’s en videos.

Die Roete en daaglikse uitdagings.

Joggie Prinsloo gaan sy ervarings, foto’s en videos deur die loop van die joBerg2c aan u bring in samewerking met Harrismith.co.

DAY 1 - Karan Beef to Frankfort
Distance 113km
Ascent 917m
Descent 935m

DAY 2 - Frankfort to Reitz
Distance 93km
Ascent 1030m
Descent 959m

DAY 3 - Reitz to Sterkfontein Dam
Distance 125km
Ascent 1064m

DAY 4 – Sterkfontein dam to Winterton
Distance 124km
Ascent 1937m
Descent 2624m

DAY 5 – Winterton to Kamberg
Distance 102km
Ascent 1625m

DAY 6 – Kamberg to Hazeldean Farm
Distance 93.7km
Ascent 1982m
Descent 1946m

DAY 7 – Hazeldean Farm to Mackenzie Club
Distance 86km
Ascent 1110m

DAY 8 – Mackenzie Club to Jolivet
Distance 96.7km
Ascent 2230m

DAY 9  - Jolivet to Scottburgh
Distance 75km
Ascent 1235m

James Leslie en Richard Quin

Joggie en Sollie Prinsloo

Jacques van Niekerk en Athur Pears.