| Race photo gallery | Results and times |
Discovery Harrismith Bergwedloop is Saterdag 8 Oktober 2011 suksesvol aangebied op ‘n baie mooi Oktober’s dag. Die wedloop het ‘n inkrywingsgetal van 714 atlete getrek van regoor die land waarvan 485 die wedloop voltooi het voor die afsnytyd van 3 ure en sodoende hul medalje ontvang het.
Baie plaaslike atlete oud en jonk het deelgeneem en soos verneem het almal dit baie geniet en weer eens het almal besef dat dit ‘n baie strawwe wedloop is en Wally Hayward se woorde beaam.
Die eerste mansatleet was Temo Rampuku van Toyota in ‘n goeie tyd van 1:10:16 en is gevolg deur Andrias Masoeu van Mr Price 1:12:28 Andries was ook die eerste atleet bo-op die berg. Derde was Paul Mokwoena 1:14:13. Die eerste junior man was Mthokozisi Shabalala van DAC 1:17:24, eerste Veterane mansatleet was Simon Segau van Discovery 1:19:59, eerste Meester Friedel van der Merwe van Strand 1:32:20 en eerste Groot Meester Eugene LeGoff van Khosa 1:49:55.
Die rekordhouer Myrette Filmalter van Tuks het geseëvier in die wedloop in ‘n tyd van 1:30:53 en daarna Mpumelelo Mnyandu van Klipriver Striders wat ook die eerste Junior atleet was in ‘n goeie tyd van 1:39:12. Ons plaaslike atleet , Bambie de Wet was derde en die eerste veteraan dame in‘n tyd van 1:46:48. Riekie de Wet van Lewensentrum Alberton is die eerste Meester Dame in ‘n tyd van 2:17:47 en die eerste Groot Meester Dame Marilyn Moore van Breakthru Midrand in ‘n goeie tyd 2:51:36.
‘n Baie talentvolle jong atleet van Harrismith Hoërskool Edward Clark het die wedloop in 1:25:18 voltooi en het sodoende die Skolekompetisie gewen.
Die skolekompetisie is geborg deur N3TC om plaaslike skoolkinders aan te moedig om deel te neem aan atletiek, landloop en padwedlope.
Die Harrismith Marathon Klub wil ‘n algemene bedanking rig aan al die atlete, toeskouers, helpers en borge. Al die rolspelers stel die Klub in staat, sodat Harrismith ‘n gehalte wedloop vir die afgelope 89 jaar te kon aanbied. – Baie Dankie -
HOOFBORGE
N3TC Toll Con (vir School Challenge) en Discovery (Bergwedloop)
WATERPUNTE:
Discovery Life
Entrawood/Entracor
Mortimer Toyota
Old Mutual
Peter James Motors
Time Freight
ANDER:
Nestlé vir Hampers
Maluti-A-Phofung Munisipaliteit
Jan en Esau
Eddie Clarke en sy span
Nooddienste
Aquellé vir water
JCH Telecom (Musiektoerusting)
CMW Elite
Robbie en Karen
Eddie Clarke en sy span
Du Toit Neetling
Eugene Marais
ALLE HELPERS



